Rugvista 디자인 대회!
2021 최종 후보 - 투표하고 경품을 받아가세요
Pincushion 은 Karlien De Villiers
![](https://images.rugvista.net/image/gallery_vote_detail/66625.jpg)
The design was inspired by the form and colour of the pincushion protea (Leucospermum cordifolium) which is native to southern Africa. This is a protected protea species and grows in the wild on the slopes of the Paarl mountain where I go for daily walks after work. The flower of this plant has a sphere of thin orange coloured stems, each with a tiny head, which makes it look like a pin cushion – hence its name. For this design I wanted to capture the colours of the flower as well as its distinct shape, and to recreate it in an abstracted form to create an interesting and vibrant pattern.
Hierdie ontwerp is geïnspireer deur die speldekussing protea (Leucospermum cordifolium) wat ‘n inheemse blomsoort in Suid-Afrika is. Die protea is ‘n beskermde spesie en groei wild teen die hange van die Paarlberg waar ek daagliks na werk gaan stap. Die blom van hierdie protea bestaan uit ‘n sfeer van dun oranjekleurige stammetjies, elk met ‘n klein kop – byna soos ‘n speld, vandaar die naam van hierdie protea. Vir die ontwerp het ek die kleure en besondere vorm van die speldekussing protea vasgevang, en dit in ‘n abstrakte vorm weergegee wat ‘n interessante ruimte en spel van kleur op ‘n mat sal maak.
에 대해 Karlien De Villiers
![](https://images.rugvista.net/image/gallery_face_new_thumb/25766.jpg)
Karlien de Villiers is in 1975 in Kaapstad, Suid-Afrika gebore. Sy het vanaf 1994-1997 Grafiese Ontwerp en Illustrasie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, en het daarna vlugtig as ‘n ontwerper by ‘n kommersiële advertensie maatskappy in Kaapstad gewerk. Sedert 2006 is sy egter aangestel as dosent in illustrasie en ontwerp by die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit Stellenbosch. De Villiers het veral kritiese lof verwerf vir haar debuut grafiese roman wat in 2006 gepubliseer is. Die roman handel oor haar ma se dood en speel af teen die sosio-politiese agtergrond van Apartheid Suid-Afrika in die 1970s-1980s, getitel ‘My ma was ‘n mooi vrou’. Sy werk tans aan ‘n solo tentoonstelling van skilderye en tekeninge; asook aan die manuskrip vir haar tweede grafiese roman wat in 2014 in Frans uitgegee sal word deur Editions Ça et La. Sy woon in Paarl saam met haar lewensmaat en twee jong dogters.